VOLGENDE STAP

Bekering
Doop
V-"Serve" Groep
V-Selgroep
Groei Geleentheid

Bekering

JOH 3:16 sê: “ God het die mensdom so liefgehad dat Hy Sy enigste seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê”

Jesus Christus is die enigste antwoord op al jou probleme. Hy het vir jou gesterf aan ‘n kruis, opgestaan uit die dood en daardeur reeds vir al jou sondes betaal.

Rick Warren skryf in sy boek – The Purpose Driven Life - “ You were made by God and for God – and until you understand that, life will never make sense”

Ontvang Jesus Christus dan as jou Verlosser.

EK WIL MEER WEET

Doop

Wat beteken die doop?

Die doop is ‘n simbool van Jesus se sterwe en opstanding. Tydens die wateronderdompeling gedurende die doop, identifiseer ons Jesus se sterwe aan die kruis. Dit is die simbool van jou nuwe lewe as Christen.

Ons begrawe die “ou lewe” en begin ‘n ”nuwe lewe” saam met Jesus Christus. Met die doop verklaar ons in die openbaar dat ons Jesus liefhet, Hom vertrou en ons hoop in Hom plaas.

ROM 6:4 sê: “Deur die doop is ons saam met Hom begrawe as mense wat deel in Sy dood. En nou kan ons, net soos Christus wat deur ‘n heerlike magsdaad van die Vader, opgewek is, ook ‘n totaal nuwe lewe leef”

Waarom gedoop word?

Die doop is ‘n simbool dat jy Jesus volg. Dit is ‘n openbare gebeurtenis en ‘n stap in geloof. Daardeur verklaar jy jou onderdanigheid aan Jesus a jou Verlosser.

Dit is die volgende stap na redding.

HAND 22:16 sê:” En nou, waarom nog wag? Staan op, laat jou doop en jou sondes afwas. Jy het mos Sy Naam aangeroep.”

Wil jy gedoop word?

DOOP

V-"Serve" Groep

Ons bedieningsgroepe(“Serve”) is ‘n klomp wonderlike mense wat met blymoedigheid in die kerk dien. Hulle is behulpsaam by die parkering, by die deure om jou te verwelkom, jou te bedien met koffie of hulle vorm deel van die groep mense wat met die volgende generasie werk – die kinderbediening.

Bedieningsgroepe is verlengstukke van die koninkryk van God.

Parkering:     die span wys vir jou waar veilige parkeerplek is

Ontvangs:      die span staan by die deure van In Victory kerk met vriendelike glimlagte

Gasvryheid:   die span sorg vir heerlike koffie/tee

Produksie:     die span maak van tegnologie gebruik sodat jy ‘n hoë kwaliteits-ervaring in die kerk kan hê   

Sang:              die span gebruik musiekinstrumente en hulle stemme om jou in God se teenwoordigheid te bring en die gemeente te lei met sang

Kinders:         die span het ‘n passie vir kinders en gebruik die geleentheid om kinders aan te moedig om 'n lewende verhouding met Jesus te hê

SLUIT AAN

V-Selgroep

Sondae se kerk is wonderlik en groot groepe mense kom op die manier bymekaar, maar, mense het ook behoefte aan kleiner meer persoonlike byeenkomste.

‘n Selgroep is ‘n wonderlike groeiproses saam met mede-gelowiges.

S = saamkom van gelowiges

E = eenkeer per week bymekaar

L = leer saam van Jesus

G = groei saam met ander nader aan Jesus

R = reik uit na mekaar

O = ondersteun mekaar

E = erken aan mekaar julle behoeftes

P = passievol vir God se woord

Neem dus die volgende stap – sluit aan by ’n selgroep.

VIND UIT

Groei-geleentheid

Daar is ook groei-geleenthede wat jou sal help om die visie en passie van ons kerk te verstaan, asook om meer van jouself te leer.

Die groei-geleenthede bestaan uit 3 stappe wat jou toerus:

STAP 1: Word deel van die kerk

Deur deel te word van ons kerk leer jy hoe ons voel oor leierskap, organisasie en hoe ons die kerk se geld bestuur.


STAP 2: Ontdek jou eie talente:

Ontdek deur eenvoudige selfdoen vraelyste wat jou Godgegewe gawes en talente is en hoe jy die kan gebruik tot uitbreiding van God se koninkryk.


STAP 3: Leer hoe om ander mense te bereik:

Leer hoe om uit te reik na ander mense wat nie Jesus ken nie en so die goeie nuus te help versprei.

WORD DEEL